Verpligte kwarantyn van 14 dae vir reisigers na Zimbabwe

Die President van Zimbabwe Emmerson Mnangagwa het verpligte kwarantyn van 14 dae ingestel vir alle reisigers na die land, wat terugkerende inwoners insluit. Hy sê dit is om die verspreiding van die nuwe Omikron-variant te voorkom. Die land het ook ‘n aandklokreël vanaf nege-uur saans tot ses-uur soggens ingestel en toegang tot nagklubs en kroeë is tot ingeënte persone beperk. Eddie Cross, ‘n ekonoom van Zimbabwe, gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.