Verpligte Covid-toetse vir Chinese reisigers na die VSA

Amerika sal van Maandag af verpligte Covid-toetse op reisigers van China afdwing. Dit volg op Beijing se besluit om sy streng zero-Covid-beleid op te hef en vrese dat die gebrekkige inligting oor koronavirus-variante en die toename in Covid-gevalle in China, nuwe virus-variante kan meebring. Van Maandag af moet alle lugpassasiers van twee jaar en ouer, ‘n negatiewe uitslag hê van ‘n toets wat 48 uur voor vertrek vanuit China, Hong Kong of Macao gedoen is. Die Verenigde Koninkryk toets nog nie reisigers uit China nie.