Verpleegpersoneel staan pasiënt vir twee jaar by

Verpleegpersoneel by die Pretoria-Wes Hospitaal het ‘n paraplegiese Mosambiekse burger gehelp om na sy geboorteland terug te keer. Sy jarelange Suid-Afrikaanse vriendin het hom gelos na ‘n siekte veroorsaak het dat hy sedert 2019 in die hospitaal is. Die paartjie het lank in Tshwane gewoon totdat die vrou besluit het sy wil hom nie by haar huis hê nadat hy ontslaan is nie. Die man het ineengestort en is met TB-meningitis gediagnoseer. Die hospitaalpersoneel het hom byna twee jaar verpleeg totdat hy uiteindelik gister na die Maputo Hospitaal gevlieg is.