Verouderende infrastruktuur, rommel bedreig Johannesburg se paaie

Die Johannesburgse Padagentskap sê verouderende infrastruktuur en rommel is groot struikelblokke in die stryd om padtoestande in die stad te verbeter. Die waarnemende uitvoerende hoof, Zweli Nyathi, sê verstopte dreins, stormwaterstelsels en brûe belemmer watervloei, en dit dra by tot die verval van paaie. Nyathi bevestig dat die probleem vererger word deur die opbou van olieneerslae en verouderde infrastruktuur wat nie digbevolkte gebiede kan hanteer nie.