Vroulike aanvaller doodgeskiet ná kerk-skietery in Texas

Die Amerikaanse polisie stel ondersoek in nadat ‘n vrou, gewapen met ‘n geweer en vergesel deur ‘n jong kind, doodgeskiet is nadat sy op mense begin losbrand het wat ‘n diens in die bekende pastoor, Joel Osteen, se megakerk in Houston, Texas, bygewoon het. Die vyfjarige kind en nog ‘n persoon is gewond en die kind is tans in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal. Twee wetstoepassers wat nie aan diens was nie, het die vrou na berigte geskiet. Osteen word beskryf as een van die rykste en gewildste pastore in die VSA, wat miljoene mense bereik met sy media-uitsendings en radioprogramme.