Vermiste vrou “vind haarself” na intense soektog

In 2012 het ’n vrou in Ysland een naweek vermis geraak, maar sy is toe glo deur haarself veilig en gesond gevind. Die vrou het selfs deelgeneem aan die intense polisiesoektog naby Eldgja-canyon in die land se suidelike vulkaniese streek. 

Die deurmekaarspul het blykbaar plaasgevind toe die vrou tydens ‘n besigtigingsreis van haar toeristegroep weggebreek het en ander klere aangetrek het. Toe sy in ‘n ander uitrusting na die bus terugkeer, het die res van haar toergroep haar nie herken nie. Toe ‘n beskrywing van die “vermiste persoon” uitgereik is, het die vrou blykbaar ook nie die beskrywing as die van haarself herken nie. Etlike ure later, het hulle besef die vrou na wie hulle soek, is nog heeltyd deel van die soekspan. 

Foto: Verskaf