Vermiste Robby Michael: Publiek met inligting moet na vore tree

Die Erongo-polisie doen ‘n beroep op lede van die publiek wat inligting het om na vore te tree in die ondersoek na die verdwyning van Robby Michael. Die 53-jarige inwoner van Omaruru is Sondag as vermis aangemeld na sy motor in die see by Myl 72 gevind is. Die polisie het ‘n persoon ingebring wat in besit van sy visstok was en hy is ondervra. Daar was talle gerugte dat hy Saterdagaand op Hentiesbaai deur ‘n motor gejaag is en dat sy visstokke deur die persone afgevat is, na sy motor omgeslaan het. Sersant Anastasia Frans van die Erongo-polisie het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.