Vermeende voertuigswendelaar bly in aanhouding

‘n Man bly in aanhouding nadat hy na bewering motorhandelaars in Pretoria uit meer as 1,4 miljoen rand bedrieg het. Die 45-jarige Ali Sabir het na bewering in Junie 2017 vals betaalstrokies geskep en aansoek gedoen vir voertuigfinansiering by drie motorhandelaars. ‘n Woordvoerder van die Valke, Ndivhuwo Mulamu, sê vier Audi’s, ‘n Jeep Grand Cherokee en ‘n BMW M-Sport Gran Coupe is aan Sabir verkoop, maar hy het na bewering versuim om die maandelikse paaiemente te betaal.