Vermeende stroper doodgeskiet naby Kappsfarm

Die Namibiese polisie sê daar was ‘n moord op ‘n plaas naby Kappsfarm. Die insident het volgens die mag rondom vyf-uur Sondagmiddag plaasgevind. Na wat berig word het ‘n 41-jarige Namibiër patrollie uitgevoer saam met twee van sy werkers op die plaas. Twee mans is gesien en toe die groep hulle wou nader het die twee op hulle begin skiet. Die boer het teruggeskiet en een man is dood, met die ander wat beseer is. Die mag sê dit wil voorkom asof die twee stropers was omdat hulle in besit van ammunisie, gewere en messe was. Die een man word in die hospitaal behandel vir ‘n skietwond in sy bobeen. Die oorledene se identiteit is nog nie bekend nie en sy naasbestaandes dus nog nie ingelig nie. Die 41-jarige verdagte is nie gerresteer nie en die ondersoek duur voort.