Vermeende SA kokaïensmous verskyn in Katutura-hof

Die Suid-Afrikaanse burger, die 44-jarige Michael Mpangala, wat van die onwettige handel in kokaïen ter waarde van meer as 5 miljoen Namibiese dollar aangekla is, het vandag in die Katutura-landdroshof in Windhoek verskyn. Mpangala se saak is tot 16 Januarie uitgestel vir ‘n formele borgtogaansoek, het sy prokureur Kadhila Amoomo bevestig. Mpangala is op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe buite Windhoek met kokaïenpoeier van meer as 10 kilogram glo in sy besit in hegtenis geneem. Doeanebeamptes het deur die skandeerder die versteekte dwelms in sy bagasie gesien en Nampol se honde-eenheid het dit uitgesnuffel. Die beskuldigde het van Brasilië af gekom het om glo die dwelms in Okahandja af te lewer.