Dakar reën uit, SA se Henk Lategan tweede

Motorsport: Fase 3 van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië is vandag deur reën onderbreek en vanaf 447 kilometer tot 378 kilometer kortgeknip. Die Fransman Guerlian Chicherit het die derde fase gewen nadat hy die vorige dag vyf papwiele gehad het. Suid-Afrikaanse renjaer Herman Lategan het tweede gekom.

Sy landgenoot Giniel de Villiers sê hy het ’n baie moeilike dag gehad, maar die moordende wedren is nog nie verby nie.