Vermeende pedofiel se regshulp-prokureur onttrekAugust 8, 2023

Die prokureur van die vermeende pedofiel, die 52-jarige Johan Maree, het homself onttrek om die beskuldigde te verteenwoordig. Die staat se regshulp-prokureur Tuna Nhinda het aan  regter Philanda Christiaan gesê hy het nie die volledige dossier van die staat ontvang nie en Maree se instruksies is onhoudbaar. Die verhoor van die voormalige polisieman het Maandag in die Windhoekse hoërhof begin. Hy staar 75 aanklagte in die gesig. Maree is in 2020 in hegtenis geneem op klagte dat hy agt minderjarige seuns tussen 2016 en 2020 verkrag en onsedelik aangerand het. Onder die 75 klagtes is daar 24 van verkragting, tien van die vervaardiging van kinderpornografie, 18 van mensehandel en 13 van drank aan minderjariges verskaf.