Vermeende parlement-brandstigter weier om in hof te verskyn

Die hooggeregshof in Kaapstad het die voorverhoor van die vermeende brandstigter van die parlement, Zandile Mafe, tot volgende maand uitgestel. Die Nasionale Vervolgingsgesag se streekwoordvoerder, Eric Ntabazalila, sê die saak is uitgestel omdat Mafe geweier het om te verskyn nadat die polisie hom in die aanhoudingselle gevind het waar hy gelê het. Volgens Ntabazalila sê Mafe se regsverteenwoordiger, Luvuyo Godla, sy kliënt is siek.