Vermeende ontvoerder van Cleo Smith in Australië bly in aanhouding

Die 36-jarige Terence Darrell Kelly het vandag in die landdroshof in Carnarvon in Wes-Australië verskyn op ‘n klag van die ontvoering van die vierjarige Cleo Smith. Kelly het kaalvoet in die hof verskyn en sy woede te kenne gegee oor die teenwoordigheid van die media in die hofsaal. Hy het nie om borgtog aansoek gedoen nie en sal in aanhouding bly tot sy volgende verskyning. Cleo is Dinsdag aan haar ouers terugbesorg nadat sy op 16 Oktober uit ‘n kampeerterrein noord van Carnarvon ontvoer is.