Vermeende moordenaar van jong meisie in hegtenis geneem

Die Dordabis-stasiebevelvoerder, adjudant-offisier Elvis Kavari, het bevestig die verdagte in verband met die moord en verkragting van die 23-jarige Lydia Garises, is in hegtenis geneem. ‘n Polisiehelikopter is in die Stinkwater-gebied ingespan om die verdagte aan te keer. Garises het Saterdagaand ‘n troue bygewoon en sy is laas tussen tien-uur en 11-uur die aand gesien. Haar verminkte liggaam is gisternamiddag deur ‘n lid van die publiek gevind. Kavari vertel aan Kosmos 94.1 Nuus hoe die verdagte aangekeer is.