Vermeende aanvaller op bejaarde bly in aanhouding

Die man wat op Swakopmund glo ‘n bejaarde vrou, die 82-jarige Herma Emmerich, in haar tuin aangeval, probeer verwurg en beroof het, bly in aanhouding. Timoteus Haimbodi het in die Swakopmund landdroshof op ‘n klag van diefstal met verswarende omstandighede voor landdros Nelao Brown verskyn. Sy saak is tot 14 Julie uitgestel.