Verligting kom eers tweede week van November

Daar is groot kommer oor nog veldbrande wat kan voorkom as gevolg van die uiters droë toestande en daar blyk om min verligting in die vooruitsig te wees met die onafhanklike landbou-meteoroloog Johan van den Berg wat sê dat die kanse op reën eers in die tweede helfte van November verbeter. Intussen sal dit tot dan baie warm en droog wees volgens Van den Berg. Die La Nina-weerstelsel, wat goeie neerslae in die suidelike halfrond verseker, is baie sterk ontwikkel en is tans op 80 persent. Van den Berg sê die stelsel sal tot in Maart volgende jaar reën aan die gebied voorsien.