Verligting in Covid-inperkings bring nuwe uitdagings in China

Die verligting in Covid-maatreëls in China het nuwe uitdagings na vore gebring. Sonder die verpligte PCR-toetsing van China se 1,4 miljard mense het die vermoë van gesondheidsowerhede om vinnig gevalle op te spoor en te bepaal hoe infeksies versprei verswak. Mense word nou gelaat om tuis te herstel maar, medisyne, wat voorheen in kwarantynsentrums voorsien is, is nou buite voorraad in talle stede en daar is berigte van lang rye buite apteke. Toetstelle is ook op. Kenner waarsku oor toenemende gevalle in die komende weke. Die land het ‘n skamele 138 100 kritieke-sorg beddens, uiters laag vir sy 1,4 miljard bevolking.