Verkragtingsbeskuldigde van Walvisbaai bly agter tralies

Die verkragtingbeskuldigde van Walvisbaai, die 53-jarige Irvin Basil Summers, het vanoggend sy eerste hofverskyning in die Walvisbaai-landdroshof gemaak en hy is borgtog geweier. Summers word aangekla van die verkragting van ‘n 13-jarige meisie in Narraville, Walvisbaai. Summers is ‘n bekende gemeenskaps-aktivis op die hawedorp waar die beweerde verkragtings glo tussen Mei en Augustus 2021 plaasgevind het. Hy het glo ook 500 Namibiese dollar aan die slagoffer vir haar stilswye aangebied. ‘n Groot skare gemeenskapslede was by die hof om die beweerde verkragting te veroordeel en sy borgtog teen te staan.