EFF vies omdat Ramaphosa nie in parlement is nie

Die EFF het sy misnoeë uitgespreek omdat President Cyril Ramaphosa nie fisies teenwoordig is vir mondelinge antwoorde in die Parlement nie. Ramaphosa beantwoord vandag vrae oor onder meer die Phala Phala-plaasskandaal en onwettige immigrasie. Die EFF-leier, Julius Malema, het sy oproep herhaal om die parlement te heropen aangesien die pandemie-beperkings nie meer in plek is nie. Hy het die parlement beskuldig dat hy die president beskerm.