Verklaar ramptoestand in KZN

Die KwaZulu-Natalse regering vra dat ‘n ramptoestand afgekondig word nadat swaar reën die provinsie sedert die naweek geteister het. Dit het kitsvloede veroorsaak wat verwoesting aangerig het aan infrastruktuur. Premier Sihle Zikalala sê indien ‘n ramptoestand verklaar word, kan die provinsie by die Nasionale Tesourie aansoek doen vir noodfondse en toestemming kry om huidige begrotings aan te pas: