Verkiesingswet: DA sê ANC beken openbare deelname se belangrikheid

Die DA sê die Nasionale Raad van Provinsies gaan waarskynlik die Verkiesings-wysigings-wetsontwerp verander, wat beteken dit sal na die Nasionale Vergadering terug verwys word. Dit is vir oorweging, en om voor 10 Desember deur die huis goedgekeur te word, behalwe as die raad die Konstitusionele Hof vir uitstel nader. Carin Visser van die DA sê in beraadslagings oor die wetsontwerp het die ANC erken openbare deelname is ‘n hoeksteen van die demokrasie: