Verkiesingsdatum bring momentum – VF+

Die Vryheidsfront Plus verwelkom die bevestiging van die verkiesingsdatum en sê dit bring meer sekerheid vir politieke partye en kiesers. Suid-Afrikaners gaan vanjaar op 29 Mei na die stembus. Die leier van die VF Plus, Pieter Groenewald, sê hierdie sekerheid sal die momentum onder politieke partye, organisasies en die publiek ʼn hupstoot gee vir die verkiesing wat uiters belangrik is vir die toekoms van Suid-Afrika: