Verkeersboete-amnestie: Stad wag op Stadspolisie

Die Windhoek stadsraad wag steeds vir die Stadpolisie se verslag in verband met verkeersoortreders. Die verslag sal volgens berigte die raad bystaan oor die implementering van amnestie vir motoriste met uitstaande boetes. Volgens die burgemeester Job Amupanda moet die kwessie met die aanklaer-generaal bespreek word en die vertragings is frustrerend. Amupanda het vroeër gesê dat die munisipaliteit amnestie sal toestaan vir alle boetes wat voor 2 Desember 2020 uitgereik is en nog nie betaal is nie. Amupanda het gesê die stap sal geneem word om veral taxi-bestuurders by te staan wat nie boetes kan betaal nie as gevolg van die impak van die pandemie. Die kwessie berus by die Stadspolisie om die aansoek by die aanklaer-generaal in te dien.