Verhoorafwagtende gevangenes sê hulle is aangerand

Verhoorafwagtende gevangenes op Swakopmund het uitgereik na Kosmos 94.1 Nuus. Hulle sê hulle word met sterk medikasie vir tuberkulose en MIV behandel maar eet twee keer daagliks, met uiterse klein porsies. Die medikasie maak hulle siek. ‘n Groep het volgens die gevangenes buite die selle oproerig hieroor geraak en hulle is na bewering met traangas, knuppels en rubberkoeëls bestook. Kosmos 94.1 Nuus het die foto’s van die beserings ontvang. Hulle vra dat die kantoor van die ombudsman hulle dringend besoek.

Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese ombudsman advokaat John Walters gepraat om ondersoek in te stel.