Verhoor van ‘apartheidspolisiemanne’ begin eers in Januarie in JohannesburgAugust 22, 2023

Die moordverhoor van twee voormalige polisielede uit die apartheids-era is geherskeduleer om op 22 Januarie volgende jaar in die hof in Johannesburg te begin. Die Nasionale Vervolgingsgesag in die buurland sê Ephraim Mfalapitsa en Christiaan Rorich word aangekla van moord, ontvoering en misdade teen die mensdom oor moord en apartheid. Dit volg na die dood van Eustice Madikela, Peter Matabane en Fanyana Nhlapo, en poging tot moord op Zandisile Musi in 1982. Die NVG se woordvoerder, Phindi Mjonondwana, sê hulle was lede van die studenteliggaam Cosas wat na die regte van swart studente omsien.