Verhoogde brandstofprys vandag bekend

Plaaslike ekonome meen die brandstofprys sal in Desember styg. Onbevestigde berigte lui dat die prys met 70 sent ‘n liter, vir beide petrol en diesel sal styg. Die woordvoerder van die ministerie van myne en energie Andreas Simon, sê die prys sal vandag bekend gemaak word.