1 uit 4 Afrika-gesondheidswerkers ingeënt, WGO het kommer

Die Afrika-streek van die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die meeste van die vasteland se gesondheidswerkers is nog nie teen Covid-19 ingeënt nie en word steeds ernstig aan die virus blootgestel. Slegs een uit vier gesondheidswerkers in Afrika is ten volle ingeënt. Die streekdirekteur van die WGO, Matshidiso Moeti, sê as dokters, verpleegkundiges en ander in die voorste linie nie ten volle beskerm is nie, bestaan die gevaar van ‘n terugslag in pogings om die pandemie onder beheer te bring: