Verhoging in toelae skop in Julie in

Die ministerie van armoede-uitwissing sê die verhoging in die toelae wat deur die finansminister Ipumbu Shiimi tydens die begroting aangekondig is, sal vanaf Julie ingesluit word, en is ook terugwerkend vir drie maande. Dus sal pensioen-betalings in Julie 1 700 Namibiese dollar beloop, en daarna 1 400 dollar maandeliks. Die ongeskiktheidstoelaag vir kinders is vanaf 250 dollar na 1 400 dollar verhoog en dus, sal die betaling 4 850 dollar in Julie beloop. Die kindertoelaag is van 250 na 350 dollar verhoog en die betaling in Julie sal 650 dollar beloop.