Verhoging in brandstofprys is sleg vir al die boere

Die brandstofprys in Namibië styg volgende week met 50 sent ‘n liter vir petrol en 70 sent ‘n liter vir diesel. Die styging in die dieselprys sal veral ‘n groot impak op boere hê, nog meer so omdat die reënseisoen aangebreek het. Die Namibiese Landbou-unie se hoof uitvoerende beampte Roelie Venter sê dit is nie net akkerbouprodusente wat swaarder gaan kry nie.