Verenigde Rugbykampioenskap hervat

Die Verenigde Rugbykampioenskap hervat die naweek vir Suid-Afrikaanse spanne, met die eerste wedstryd tussen die Bulle en die Stormers op Loftus Versfeld in Pretoria. Die Leeus en die Haaie speel Saterdag op Ellispark in Johannesburg. Die reeks is deur die Covid-19-pandemie onderbreek toe twee rondes in Suid-Afrika uitgestel moes word. Onder die Suid-Afrikaanse spanne is die Leeus in die 11de plek tans in die beste posisie op die punteleer van 16 spanne, gevolg deur die Stormers in die 13de plek, die Haaie 14de en die Bulle 15de. Die Skotse span Edinburgh is eerste.