Verenigde Rubykampioenskap sonder Europese mededingers

Rugby: Die Verenigde Rugbykampioenskap keer die naweek terug na Suid-Afrikaanse bodem, maar sonder Europese mededingers soos vroeër beplan. Organiseerders moes plaaslike wedstryde aanskuif nadat oorsese spanne huis toe gestuur is toe die reisverbod verlede week weer ingestel is. Die Sharks se afrigter, Sean Everitt, het ses Springbokke wat pas uit die buiteland teruggekeer het by sy span ingesluit vir vanaand se kragmeting teen die Bulls in Durban. Môremiddag verwelkom die Stormers die Lions in Kaapstad.