Verdagte vas vir Istanboel-bom

‘n Verdagte is vasgetrek in verband met die bomontploffing in die besige Istiklal-wandellaan in Istanboel se middestad. Ses mense is dood en die getal gewondes het nou tot 81 gestyg. ‘n Werknemer van ‘n regeringsdepartement en sy jong dogter is ook in die voorval dood. Niemand het nog verantwoordelikheid vir die ontploffing aanvaar nie, maar Istanboel en ander Turkse stede was in die verlede die teiken van Koerdiese rebelle, Islamitiese militante en ander groepe. Dit sluit ‘n reeks aanvalle in 2015 en 2016 in.