Verdagte val Rehoboth-beampte met panga aan

Die Namibiese polisie het ‘n skietvoorval Donderdagnag omstreeks 11-uur in Blok F, op Rehoboth op die dorp bevestig. Daar word beweer dat die mag gereageer het op ‘n voorval van gesinsgeweld. Nampol sê ‘n vrou het ‘n klag gemaak oor haar man wat dreig om haar met ‘n mes te steek en haar met ‘n panga rondgejaag. Twee polisiebeamptes het gereageer en met hul aankoms is hulle gekonfronteer deur ‘n aggressiewe verdagte wat die beamptes aangeval het en een beampte met ‘n panga op die kop geslaan het. Die ander beampte het op die verdagte geskiet en die aanvaller op die linkerarm getref waarna hy ontwapen. Beide die verdagte en beampte is na die hospitaal afgevoer en is stabiel.