Verdagte met Telkomtoring-battery van N$900 000 vasgetrek

‘n Verdagte gaan môre in die Cofimvaba landdroshof in die Oos-Kaap verskyn op aanklag van vermeende diefstal van Telkomtoring-batterye ter waarde van 900 000 Namibiese dollar. ‘n Woordvoerder van die Valke, Yolisa Mgolo­dela, sê die polisie is in kennis gestel van die 46-jarige verdagte wat in ‘n wit Isuzu-bakkie in die rigting van Cofimvaba op die Banana Bridge gery het.