Verbypad nadelig vir Okahandja

Met die nuutgeboude dubbelbaan-roete tussen die Omakunde- en Gross Barmen-wisselaar op die Windhoek-Okahandja-pad wat oopgestel vir gebruik, kan verkeer nou verby Okahandja ry wat nadelig is vir die dorp. Kosmos 94.1 Nuus het met Charl Coetzee van die Okahandja Belastingbetalersvereniging gesels oor watter planne die dorp het om motoriste die dorp in te lok, en nie net verby ry nie.