Verbod op spelers van Belarus, Rusland was reg – Wimbledonbaas

Die uitvoerende hoof van die All England Lawn Tennis Club, Sally Bolton, sê die besluit om spelers van Rusland en Belarus te verbied om aan vanjaar se Wimbledon-toernooi deel te neem, is steeds die regte besluit. Sy sê hulle is wel spyt oor die impak wat die besluit op individuele spelers het, aangesien hulle nie ranglyspunte vir hul deelname aan die Grand Slam-toernooi sal kry nie. Bolton sê hulle is steeds in gesprek met die ATP en WTA in die hoop dat dié organisasies voor die aanvang van die toernooi Maandag van plan sal verander oor die punte-kwessie.