Verbod op seismiese opnames verwelkom

Die Suid-Afrikaanse omgewingsdrukgroep, The Green Connection, sê hulle is verlig die Wes-Kaapse Hooggeregshof het vir eers beslis die verbod op die Australiese geografiese inligtingsmaatskappy Searcher Seismic se toetse aan die Weskus bly van krag. ‘n Woordvoerder, Liziwe McDaid, sê die interdik is toegestaan nadat vissersgemeenskappe aan die Weskus beweer het die verkenningspermit is onwettig en Searcher het nie sinvol met belangegroepe en betrokkenes gekonsulteer nie. Sy sê dit is egter nie die einde van die pad om die maatskappy te keer nie: