Verbod op pluimvee-invoere vanaf Ierland opgehef

Die verbod op pluimvee-invoere vanuit Ierland is opgehef. Die landbouministerie sê in ‘n verklaring dat alle invoere, insluitend lewende voëls vanuit die land weer toegelaat word. Die land het ‘n voëlgriep-uitbreking op 12 November verlede jaar aangekondig en is weer vry van die siekte op 21 Desember verklaar.