Chinese ballon kon data insamel, en foto’s neem

Die Chinese ballon wat vroeër vanjaar oor Amerika gevlieg het, was volgens berigte in staat om foto’s te neem en sekere intelligensie-seine van militêre basisse op te tel. Dit het die inligting onmiddellik na Beijing teruggestuur. Twee senior Amerikaanse amptenare sê die intelligensie wat China ingesamel het, was hoofsaaklik elektroniese seine wat van wapenstelsels of kommunikasie van basispersoneel af kom. ‘n Withuis-amptenaar, John Kirby, sê hulle kon egter die ballon se vermoë beperk om enige iets bykomend in te samel.