Verbod op Oekraïnse graan-invoere is polities-gemotiveerd

‘n Politieke kenner het sy reaksie gegee op Pole en Hongarye wat besluit het om die invoer van graan en ander voedsel uit die naburige Oekraïne te verbied om die plaaslike landbousektor te beskerm. Die twee regerings het dit bevestig nadat ‘n vloed van aanbod pryse regoor die streek onderdruk het. Nadat Rusland se inval sommige Swartsee-hawens geblokkeer het, het groot hoeveelhede Oekraïnse graan, wat goedkoper is as dié wat in die Europese Unie geproduseer word, uiteindelik in Sentraal-Europese state gebly weens logistieke knelpunte wat pryse en verkope vir plaaslike boere getref het. Suid-Afrikaanse politieke kundige, professor Andre Duvenhage het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hy oortuig is dat die besluit polities-gemotiveerd is.