Verbod op entstof-uitvoere het wesenlike impak op Afrika

Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku die verbod op die uitvoer van entstof teen Covid-19 het steeds ‘n negatiewe uitwerking op entstofvoorrade in Afrika en vertraag die voorkoming- en herstelproses. Die WGO se streeksdirekteur in Afrika, Matshidiso Moeti, sê Afrika benodig byna 500 miljoen dosisse om die jaareinddoel te bereik. Slegs 2 persent van die entstowwe is in Afrika toegedien. Hierdie jaar het die Covax-gerief sy beplande aflewering van entstowwe na Afrika met 25 persent verminder. Na verwagting sal 470 miljoen dosisse teen einde Desember in Afrika aankom, wat 17 persent van die vasteland se inwoners sal kan inent.