Nadoodse ondersoek in Petito-saak vind vandag plaas

Die FBI het die familie-woning van Gabby Petito, 22, se verloofde Brian Laundrie vir ure deursoek nadat oorskot wat moontlik sy is, Sondag in ‘n nasionale park in Wyoming gevind is. ‘n Nadoodse ondersoek sal vandag gedoen word. Owerhede weet nie waar Laundrie, 23, hom tans bevind nie. Hy het vroeër die maand sonder Petito by sy familiehuis in Florida aangekom. Hy het ook geweier om met owerhede te praat. Petito se sosiale media plasings oor hulle uittog het laat in Augustus opgehou en Laundrie het alleen op 1 September teruggekeer. Daar was op ‘n stadium ‘n bakleiery en ‘n noodoproep aan owerhede het aangedui dat Laundrie haar herhaaldelik geklap het. Toe owerhede die twee opspoor toe is Petito hewig ontsteld maar het gesê sy het vir Laundrie geklap. Die ondersoek duur voort.