Veranderinge aan Springbokspan vir toets teen Italië 

Rugby: Jasper Wiese keer terug na die Springbokke se beginspan vir Saterdag se toets teen Italië in Genua, nadat die afrigter, Jacques Nienaber, vier veranderings en twee posisionele skuiwe aangebring het. Salmaan Moerat en Marin Orie is die aanvangslotte, met Eben Etzebeth wat op die bank is. André Esterhuizen is op binnesenter en Damian de Allende skuif oor na buitesenter in Jesse Kriel se plek. Franco Mostert skuif van slot na flank in die plek van Pieter-Steph du Toit. Die agsteman, Evan Roos, is op die bank.