Ver van koers af op klimaatsteikens

Internasionale klimaatbeloftes bly ver van koers af om temperatuurstygings tot 1,5 grade Celsius te beperk.  Dit is volgens ‘n VN-verslag wat vandag vrygestel is, minder as twee weke voor onderhandelinge in Egipte by COP27 aardverwarming moet aanpak. Die gesamentlike klimaatbeloftes van meer as 190 nasies wat by die 2015 Parys-klimaatooreenkoms onderteken het, het die aarde op koers geplaas om teen die einde van die eeu ongeveer 2,5 grade warmer te wees. Maar, met die planeet wat reeds geteister is deur hittegolwe, storms en vloede ná net 1,2C se verwarming, sê kenners dat die wêreld steeds nie met genoegsame dringendheid optree om kweekhuisgasvrystellings te beperk nie.