Venaani veroordeel Wetsontwerp op Bevordering en Fasilitering van Beleggings

McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisieparty, PDM, verwerp die voorgestelde Wetsontwerp op Bevordering en Fasilitering van Beleggings (IPFB) heftig en onteenseglik, al is dit op 30 November aan die Nasionale Vergadering onttrek. Hy sê die handelsminister Lucia Iipumbu het probeer om die wetsontwerp in die parlement in te sluip om ‘n omstrede en hoogs betwiste wetsontwerp aan te neem. Die betrokke wetsontwerp weerspreek duidelik die beginsels van ‘n oop en vryemark-ekonomie, hy. Venaani se amptelike woordvoerder, Roberto Dirkse, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die wetsontwerp is teenstrydig met die Namibiese Grondwet.