Venaani sê Afrika moet verenig

Die Popular Democratic Movement se leier, McHenry Venaani, het op die tweede dag by die Pan-Afrika Parlement oor ‘n gebrek aan eenheid in Afrika gepraat. Hy sê die gebrek aan eenheid is veral deur mense van Wes-Afrika veroorsaak. Voor hy sy toespraak kon eindig, het woedende lede van Franssprekende lande in Wes-Afrika aan hom in Frans geskree dat dit nie korrek is nie. Die Speaker het hulle en Venaani tot orde geroep.