China vies oor Amerika-ondersoek na virus-oorsprong

China is onthuts oor Amerika se planne om die ondersoek na die oorsprong van die koronavirus verder te voer. Dit volg nadat die Amerikaanse president, Joe Biden, dié land se intelligensie-agentskappe gevra het om met verdubbelde aandag te bepaal hoe die siekte van diere na mense oorgedra is. Internasionale media berig dat China enige verband verwerp tussen Covid-19 en ‘n virusnavorsings-laboratorium in Wuhan, wat algemeen beskou word as die oorsprong van die virus in 2019. Die Chinese owerheid sê Amerika is besig met politieke manipulasie en pak daarom nou die skuld op China.