Venaani looi August 26 vir sy geheimsinnigheid

Die veelbesproke August 26 bly in die nuus. Die besturende direkteur van die maatskappy wat die kommersiële vertakking van die Namibiese weermag is, Salatiel Ntinda, en die finansiële bestuurder Karel Nel is in ‘n ondersoek skuldig bevind aan die verdwyning van 2,5 miljoen Namibiese dollar. Hulle is in Junie geskors nadat daar bevind is die fondse is sonder goedkeuring oorbetaal aan Penda Enterprises. Die adjunk-uitvoerende direkteur in die ministerie van verdediging, Petrus Nathinge is ook in Junie as voorsitter van die raad verwyder nadat daar bevind is hy was deel van die transaksie. Die PDM-leier, McHenry Venaani, reageer hierop en sê die beskuldigdes moet aanspreeklik gehou word en die geld terugbetaal.