Venaani kritiseer uitdeel van regte aan rykes

Die leier van die amptelike opposisie die PDM-party, McHenry Venaani het kritiek uitgespreek oor wat hy beskryf as die uitdeel van minerale- en visvangregte aan sekere lede van die politieke elite. Sy aanmerkings kom na Anna Shiweda, die Adjunkminister van Landbou gesê het mense moet nie diskrimineer teen persone wat voldoen aan sekere regte in verband met natuurlike hulpbronne, net omdat hulle gekoppel kan word aan politieke leiers nie. In haar mening ontvang hulle dit omdat hulle voldoen aan die bepalings. Venaani het op sy beurt gesê die bepalings word misbruik en dat die regering niks gedoen het om Jan Alleman te bemagtig nie.